Help om die
aanlyn wêreld veiliger te maak.

Om tegnologie vir almal te ontwerp, beteken om almal wat dit gebruik, te beskerm. Ons is daartoe verbind om privaatheid- en sekuriteittegnologie wat ons gebruikers beskerm, te bou en te deel, en die bedryf vorentoe te dryf.

'n Speelbare video oor privaatheid op Google Assistent
Innoveer om seker te maak ons
gebruikers is veiliger aanlyn.

Soos wat nuwe bedreigings ontstaan en gebruikers se behoeftes verander, fokus ons deurlopend op innovasie om die private inligting van elke gebruiker outomaties, op elke risikovlak en oor al ons produkte heen te beskerm.

'n Foon wat wys hoe iemand "he" intik en Google wat dan outomaties "Hey" voorspel

Gefedereerde leer

Bou nuttige produkte met minder data

Gefedereerde leer is 'n dataminimaliseringtegnologie wat deur Google bekendgestel is en wat masjienleer- (ML-) intelligensie na jou toestel bring. Hierdie nuwe benadering kombineer geanonimiseerde inligting van verskillende toestelle af om ML-modelle op te lei. Gefedereerde leer help om jou privaatheid te beskerm deur soveel moontlik persoonlike inligting op jou toestel te hou.

Gevorderde Beskerming-program

Google se sterkste sekuriteit vir diegene wat dit die nodigste het

Die Gevorderde Beskerming-program beveilig die persoonlike Google-rekeninge van diegene wat die grootste risiko loop om die slagoffers van geteikende aanlyn aanvalle te wees – soos joernaliste, aktiviste, besigheidsleiers en politiekeveldtogspanne. Die program verskaf omvattende rekeningsekuriteit teen 'n wye reeks bedreigings en ontwikkel deurlopend om nuwe beskerming by te voeg.

Verhoog bedryfstandaarde
om die internet
veiliger vir almal te maak.

Ons wil ons gebruikers beskerm wanneer ook al hulle aanlyn is deur die sekuriteit van die hele internet, en nie net van Google-produkte en -dienste nie, te versterk. Ons skep van die wêreld se mees gevorderde privaatheid- en sekuriteittegnologie en deel baie van dit openlik sodat ander dit kan gebruik.

'n Foon met 'n kennisgewing dat 'n verbinding veilig is

HTTPS-enkripsie

Help om werwe oor die web heen te beveilig met gevorderde enkripsie

Die ondersteuning van ons dienste met HTTPS-enkripsie verseker dat jy veilig aan werwe kan koppel en jou private inligting, soos kredietkaartnommers, kan invoer sonder dat iemand jou inligting onderskep. Ons sal voortgaan om te belê om seker te maak dat ons werwe en dienste by verstek moderne HTTPS verskaf en ons sal die res van die web help om ook na HTTPS oor te skakel deur nutsgoed en hulpbronne aan alle ontwikkelaars te verskaf.

Differensiële privaatheid

Help organisasies om data anoniem te maak met differensiële privaatheid

Differensiële privaatheid is 'n gevorderde anonimiseringtegnologie wat ons in staat stel om insigte uit data te verkry sonder om die anonimiteit van ons gebruikers te kompromitteer. Ons het meer as 'n dekade spandeer om die grootste biblioteek van differensiëleprivaatheid-algoritmes in die wêreld te bou, en ons het dit 'n oopbronbiblioteek gemaak om organisasies te help om maklik dieselfde privaatheidbeskerming op hul data toe te pas.

Google Veiligheidsontwerpsentrum
Ontwerp vir die toekoms
van aanlyn veiligheid.

Die Google Veiligheidsontwerpsentrum, wat deur 'n span ervare ingenieurs gelei word, is die internasionale spil vir Google se internetveiligheidwerk. Deur die probleem te verstaan, oplossings te ontwikkel, met ander mense saam te werk, en gebruikers oral te bemagtig, kan ons 'n beter, veiliger internet vir almal bou.

Kom meer te wete

Verken hoe Google help
om almal aanlyn veilig te hou.