Ons help jou om te bestuur wat aanlyn reg is vir jou gesin.

Vandag se kinders word met tegnologie groot en leer dit nie mettertyd aan soos vorige generasies nie. Daarom werk ons direk met kenners en opvoeders saam om jou te help om grense te stel en om tegnologie te gebruik op 'n manier wat reg is vir jou gesin.

Ouertoesig

Help jou om digitale grondreëls te stel

Family Link kan jou help om beter te verstaan hoe jou jonger of ouer kinders aanlyn verken, en help ook om hul rekeninge en versoenbare toestelle te bestuur. Jy kan grense stel wat vir jou gesin werk deur programme te bestuur, 'n ogie oor skermtyd te hou, 'n slaaptyd op jou kind se toestel te stel, en meer.

Kom meer te wete

Gesinsvriendelike ervarings

Bou gesinsvriendelike ervarings

Ons bou spesiale kenmerke – soos slimfilters, werfblokkeerders en inhoudgraderings – by baie van ons produkte in om hulle aangenamer vir jou gesin te maak.

Kom meer te wete

Wenke vir gesinne

Help kinders om slim, selfversekerde verkenners van die aanlyn wêreld te wees

Ons het hulpbronne en wenke ontwerp om kinders te leer om beter aanlyn besluite te neem en hulle te help om slim, vernuftige digitale burgers te word.

Kom meer te wete

Kom meer te wete oor ons veiligheidswerk

Jou veiligheid

Ons beskerm jou aanlyn met sekuriteit wat die toon aangee in die bedryf.

Jou privaatheid

Ons bou privaatheid wat vir almal werk.

Vir gesinne

Ons help jou om te bestuur wat aanlyn reg is vir jou gesin.