Om tegnologie vir almal te ontwerp, beteken om almal wat dit gebruik, te beskerm.

Google is gegrond op die oortuiging dat alles wat ons doen die gebruiker sal respekteer. Namate die internet ontwikkel, beteken dit dat ons ons sekuriteittegnologieë en privaatheidsnutsgoed deurlopend moet verbeter om jou en jou gesin veilig te hou aanlyn.

Vind uit wat ons doen om jou veilig te hou

Jou sekuriteit

Ons beskerm jou aanlyn met sekuriteit wat die toon aangee in die bedryf.

Alles wat ons maak, word beskerm met kragtige ingeboude sekuriteittegnologieë wat help om gevare soos strooipos, wanware en virusse op te spoor en te blokkeer sodat dit jou nooit bereik nie. Ons deel ook hierdie sekuriteittegnologieë met vennote sowel as mededingers, en verhoog sodoende bedryfstandaarde wat help om almal veiliger te hou aanlyn.

Kom meer te wete

Jou privaatheid

Ons bou privaatheid wat vir almal werk.

Data maak Google-dienste nuttiger en relevanter, maar hoe ons dié inligting gebruik is 'n individuele keuse en berus by elke gebruiker. Ons hou jou op hoogte met watter data ons insamel, hoe ons dit gebruik en hoekom. En ons bou kragtige datakontroles by jou Google-rekening in sodat jy die privaatheidinstellings kan kies wat reg is vir jou.

Kom meer te wete

Vir Gesinne

Ons help jou om te bestuur wat vir jou gesin reg is aanlyn.

Vandag se kinders word met tegnologie groot en leer dit nie mettertyd aan soos vorige generasies nie. Daarom werk ons direk met kenners en opvoeders saam om jou te help om grense te stel en om tegnologie te gebruik op 'n manier wat reg is vir jou gesin.

Kom meer te wete