Jou privaatheid word beskerm met
verantwoordelike datapraktyke.

Data speel 'n belangrike rol daarin om die produkte en dienste wat jy elke dag gebruik nuttiger te maak. Ons is daartoe verbind om daardie data verantwoordelik te hanteer en om jou privaatheid met streng protokolle en innoverende privaatheidtegnologie te beskerm.

DATAMINIMALISERING

Beperk die persoonlike inligting wat gebruik en gestoor word

Ons meen dat produkte jou inligting net moet hou solank dit vir jou bruikbaar en nuttig is – of dit nou is om jou gunstelingbestemmings op Maps te kan kry of om aanbevelings te kry van wat om op YouTube te kyk.

Die eerste keer wat jy Ligginggeskiedenis aanskakel – wat by verstek af is – sal jou Vee Outomaties Uit-opsie by verstek op 18 maande gestel word. Vee Outomaties Uit vir Web- en Programaktiwiteit is vir nuwe rekeninge by verstek ook 18 maande. Dit beteken dat jou aktiwiteitdata ná 18 maande outomaties en deurlopend uitgevee sal word, pleks van dat dit gehou word totdat jy kies om dit uit te vee. Jy kan hierdie instellings altyd afskakel of enige tyd jou Vee Outomaties Uit-instelling verander.

BLOKKEER TOEGANG

Ons verkoop nooit jou persoonlike inligting nie en gee vir jou beheer oor wie toegang daartoe het.

Ons is daartoe verbind om jou data teen derde partye te beskerm. Dis hoekom dit ons streng beleid is om nooit jou persoonlike inligting aan enigiemand te verkoop nie. Ons deel nie inligting, soos jou naam of e-posadres, wat jou persoonlik by adverteerders identifiseer nie, tensy jy ons versoek om dit te doen. As jy byvoorbeeld 'n advertensie vir 'n nabygeleë blommewinkel sien en die “tik om te bel”-knoppie kies, sal ons jou oproep deurskakel en dalk jou foonnommer vir die blommewinkel gee. As jy 'n Android-toestel gebruik, vereis ons van derde partye om jou toestemming te vra om toegang te kry tot sekere soorte data, soos jou foto's, kontakte of ligging.

PRIVAATHEIDINNOVASIE

Gevorderde privaatheidtegnologie help om jou persoonlike inligting privaat te hou

Ons dink deurlopend innoverend oor nuwe tegnologie wat jou private inligting beskerm sonder om jou ervarings in ons produkte te beïnvloed.

Gefedereerde leer is 'n dataminimaliseringtegnologie wat deur Google bekendgestel is en wat die masjienleermodelle wat baie van ons nuttige kenmerke, soos woordvoorspellings, aandryf, op jou toestel oplei. Hierdie nuwe benadering help jou om jou privaatheid te beskerm deur nuttige ervarings oor ons produkte heen te lewer terwyl jou persoonlike inligting op jou toestelle bly.

Ons gebruik die voorste anonimiseringtegnieke om jou data te beskerm terwyl ons ons dienste beter vir jou laat werk. Ons versamel en anonimiseer byvoorbeeld data van miljoene gebruikers af om alternatiewe roetes voor te stel wat jou vinniger by die huis sal kry.

Om kenmerke soos plekbedrywighede in Maps aan te bied, pas ons 'n gevorderde anonimiseringtegnologie genaamd differensiële privaatheid toe wat geraas by jou inligting voeg sodat dit nie gebruik kan word om jou persoonlik te identifiseer nie.

Privaatheidkontrolerings

Streng privaatheidprotokolle word deur
elke produk se ontwikkeling gevolg

Privaatheid vorm die kern van hoe ons ons produkte bou, met streng privaatheidstandaarde wat elke fase van die produkontwikkeling rig. Elke produk en kenmerk voldoen aan hierdie privaatheidstandaarde, wat met omvattende privaatheidkontrolerings geïmplementeer word. Kom meer te wete in ons privaatheidsbeleid.

DATADEURSIGTIGHEID

Maak dit maklik om jou data te bekyk en uit te vee

Hoe jy ons produkte en dienste gebruik, is 'n persoonlike keuse wat van jou afhang. Ons maak dit maklik om te verstaan watter data ingesamel word en hoekom dit gedoen word om jou te help om ingeligte besluite te neem oor watter data om te stoor, te deel of uit te vee.

Jy kan byvoorbeeld met Kontroleskerm 'n oorsig sien van die Google-produkte wat jy gebruik en die dinge wat jy berg, soos jou e-pos en foto's. En met My aktiwiteit is dit maklik om data te sien of uit te vee wat in Google-dienste uit jou aktiwiteit ingesamel is, insluitend dinge waarna jy gesoek het, wat jy bekyk het en wat jy gekyk het.

DATADRAAGBAARHEID

Bemagtig jou om jou data saam met jou te vat

Elke gebruiker moet – enige tyd en om enige rede – toegang hê tot die inhoud wat hulle met ons gedeel het. Dis hoekom ons Laai Jou Data Af geskep het – sodat jy jou foto's, e-posse, kontakte en boekmerke kan aflaai. Jy het die keuse om 'n kopie van jou data te maak, dit te rugsteun, of selfs om dit na 'n ander diens toe te skuif.

Jy is altyd in beheer van die data wat in jou Google-rekening gestoor is. Kom hier meer te wete.

Ons is verbind tot voldoening
aan toepaslike databeskermingwette

Ons werk altyd daaraan om aan toepaslike privaatheidregulasies te voldoen. Ons het deur die jare nou met databeskermingowerhede regoor die wêreld saamgewerk en het sterk privaatheidbeskerming geïmplementeer wat hul riglyne weerspieël. En ons hou aan om aansienlik in die opgradering van ons stelsels en beleide te investeer namate privaatheidwette regoor die wêreld uitgevaardig word.

Kom meer te wete
Verken meer maniere waarop ons
jou aanlyn veilig hou.