Advertensies wat jou privaatheid respekteer.

“Niks is van groter belang as om jou aanlyn veilig te hou nie. Deur produkte te bou wat by verstek veilig is, vir privaatheid ontwerp is, en jou in beheer plaas, verseker ons dat jy elke dag veiliger is met Google.”

– Jen Fitzpatrick, senior visepresident, Kernstelsels en -ervarings by Google

Ons verbintenis tot verantwoordelike reklame.

Om die internet oop, privaat en veilig te hou, vorm die kern van alles wat ons doen. Ons is daartoe verbind om advertensies verantwoordelik te lewer. Dit is hoe Google se privaatheidbeginsels op advertensies van toepassing is:

Ons verkoop nooit jou persoonlike inligting aan enigiemand nie.

Ons verkoop nooit jou persoonlike inligting aan enigiemand nie, ook nie vir advertensiedoeleindes nie.

Ons is deursigtig oor watter data ons insamel en hoekom.

Ons etiketteer advertensies en geborgde inhoud duidelik op ons platforms en maak dit vir jou maklik om te verstaan hoekom spesifieke advertensies gewys word, watter inligting gebruik word, en hoe jy jou Google Advertensies-ervaring kan beheer.

Byvoorbeeld, met Search, YouTube en Ontdek wys My Advertensiesentrum jou watter inligting gebruik word vir advertensies en maak [My Advertensiesentrum] dit maklik om daardie inligting te bestuur sodat die ervaring reg is vir jou.

Ons maak dit vir jou maklik om jou persoonlike inligting te beheer.

Jy is in beheer van jou inligting en hoe dit vir reklame gebruik word. Jou aktiwiteit op Google — soos werwe wat jy besoek en dinge waarna jy soek — word gebruik om beter en nuttiger ervarings te lewer in al ons produkte, insluitend advertensies, op grond van jou voorkeure.

Met My Advertensiesentrum kan jy jou advertensie-ervarings op Google Search, Ontdek en YouTube pasmaak om meer te sien van die handelsmerke en onderwerpe waarvan jy hou, en minder van dié waarvan jy nie hou nie. Jy kan ook kies om advertensies oor sekere sensitiewe advertensie-onderwerpe te verminder, waaronder alkohol, ontmoetings, dobbelary, swangerskap en ouerskap, en gewigsverlies.

Jy kan advertensiepersonalisering heeltemal afskakel en enige tyd ook die aktiwiteitdata wat met jou rekening verbind word, permanent uitvee met die data- en privaatheidinstellings.

Ons verminder die data wat ons gebruik om jou privaatheid verder te beskerm.

Ons gebruik nooit sensitiewe inligting, soos gesondheid, ras, geloof of seksuele oriëntasie, om advertensies vir jou te pasmaak nie.

Ons gebruik nooit die inhoud wat jy in apps soos Drive, Gmail en Foto’s skep en berg vir advertensiedoeleindes nie. En ons het die Vee Outomaties Uit-kenmerk die verstek gemaak vir ons hoofaktiwiteitinstellings om jou privaatheid verder te beskerm. Dit beteken dat aktiwiteitdata wat met jou rekening verbind word, outomaties en voortdurend uitgevee sal word ná 18 maande, eerder as om dit te hou totdat jy kies om dit uit te vee.

Ons is altyd op die uitkyk vir maniere om kinders aanlyn veiliger te hou, en ons laat nie advertensiepersonalisering toe vir kinders as ons weet hulle is jonger as 18 nie.

Ons beskerm jou deur produkte te bou wat by verstek veilig is.

Beskerming van jou privaatheid en beveiliging van jou data is ’n kernaspek van Google se werk. Dit is hoekom alle Google-produkte deurlopend beskerm word deur die wêreld se mees gevorderde sekuriteitinfrastrukture. Hierdie ingeboude sekuriteit help om ontwikkelende aanlyn bedreigings te bespeur en te voorkom, insluitend swendelarye en pogings om persoonlike inligting te verkry deur bedrieglike advertensies, om sodoende te help om jou inligting veilig te hou.

Daarbenewens verifieer ons adverteerders wêreldwyd om te help om jou veilig te hou. Ons werk ook om kwaadwillige persone te bespeur en hul pogings van wanvoorstelling te beperk. Jy kan meer te wete kom deur ons Advertensiedeursigtigheidsentrum te besoek. Dit is ’n deursoekbare sentrum van alle advertensies wat deur geverifieerde adverteerders gelewer is.

Ons bou gevorderde privaatheidtegnologie en deel dit met ander.

Jy moet jou aanlyn ervaring kan geniet sonder bekommernisse oor watter persoonlike inligting ingesamel word en deur wie. Dit is hoekom spanne reg oor Google saam met die breër bedryf werk om die Privacy Sandbox-inisiatief te implementeer, wat daarop gemik is om huidige nasporingmeganismes in onbruik te stel en verborge nasporingtegnieke, soos vingerafdrukneming, te blokkeer.

Kies die advertensie-ervaring
wat reg is vir jou.

Maklike nuwe maniere waarop jy die advertensies wat jy sien, kan beheer.

Model van My Advertensiesentrum-bladsy met kontroles om jou advertensie-ervaring te pasmaak

Advertensiekontroles op Google

Met My Advertensiesentrum is dit makliker as ooit om die advertensies te beheer wat jy in Google Search, YouTube en Ontdek sien.

Met My Advertensiesentrum is dit maklik om die inligting wat gebruik word om vir jou advertensies te wys, te beheer. Dit sluit in inligting wat met jou Google-rekening geassosieer word en ons skatting van jou belangstellings op grond van jou aktiwiteit. Jy kan ook My Advertensiesentrum gebruik om jou advertensie-ervaring te pasmaak sodat jy meer sien oor handelsmerke waarvan jy hou, en sodat dié waarvan jy nie hou nie, beperk word. Jy kan ook enige tyd die aktiwiteitdata uitvee wat met jou rekening verbind word.

Advertensiekontroles buite Google

Gebruik Advertensie-instellings om jou advertensies op derdepartywerwe en -apps te beheer

Jy sien as deel van jou aanlyn advertensie-ervaring waarskynlik advertensies van besighede wat Google gebruik om op sekere webwerwe en apps te adverteer. Om hierdie advertensies te beheer, kan jy Advertensie-instellings besoek om maklik die inligting te bestuur wat gebruik word om vir jou advertensies te wys. Dit sluit in inligting wat jy by jou Google-rekening gevoeg het, ons skatting van jou belangstellings op grond van jou aktiwiteit, en interaksies met ander adverteerders wat ons advertensieplatform gebruik om advertensies te wys.

Skakel gepersonaliseerde advertensies af net wanneer jy wil

Jy kan ook gepersonaliseerde advertensies heeltemal afskakel. Jy sal steeds advertensies sien, maar hulle sal heel waarskynlik minder relevant vir jou belangstellings wees. Jou instellings sal oral waar jy met jou Google-rekening aangemeld is, van toepassing wees.

Kom meer te wete oor
die advertensies
wat jy sien.

Hoekom dié advertensie?

Sien watter data ons gebruik om advertensies te wys

Die “Hoekom dié advertensie”-kenmerk help jou verstaan waarom jy 'n bepaalde advertensie sien. Jy kan byvoorbeeld ontdek dat jy 'n advertensie van 'n kamera sien omdat jy vroeër na kameras gesoek het, fotografiewebwerwe besoek het, of advertensies vir kameras geklik het.

’n Model van ’n “Wie het vir hierdie advertensie betaal”-bladsy binne My Advertensiesentrum wat wys hoeveel ’n adverteerder vir ’n spesifieke advertensie betaal het

Adverteerderidentiteitverifikasie

Kom meer te wete oor die adverteerders agter die advertensies wat jy sien

Ons is besig om die identiteit van die adverteerders op jou platforms te verifieer om vir jou meer inligting te kan gee oor wie by jou adverteer. As deel van hierdie inisiatief word van adverteerders vereis om ’n verifikasieprogram te voltooi om advertensies by Google te kan koop, en jy sal advertensieopenbaarmakings sien wat die naam en land van die adverteerder wys.

As jy meer te wete wil kom, soos watter advertensies in ’n sekere area gewys is of die formaat van die advertensies, kan jy die Advertensiedeursigtigheidsentrum besoek – ’n deursoekbare sentrum van alle advertensies reg oor YouTube, Search en Display wat deur geverifieerde adverteerders gelewer word. Jy kan direk na die Advertensiedeursigtigheidsentrum gaan, of deur My Advertensiesentrum te besoek deur die driekol-kieslys langs die advertensies wat jy sien.

Besoek die Advertensiedeursigtigheidsentrum

Kom meer te wete oor die vrae wat mense oor advertensies vra.

Watter data gebruik Google vir advertensies?

Ons gebruik jou aktiwiteit op Google – soos werwe wat jy besoek, apps wat jy gebruik, dinge waarna jy gesoek het, en geassosieerde inligting soos ligging – om beter en nuttiger ervarings te lewer in al ons produkte, insluitende advertensies.

Ons gebruik nooit sensitiewe inligting, soos gesondheid, ras, geloof of seksuele oriëntasie, om advertensies vir jou te pasmaak nie. En ons gebruik ook nie data van Drive, Gmail en Foto’s vir advertensies nie.

Jy kan beheer watter inligting gebruik word om advertensies te personaliseer en jou advertensievoorkeure bestuur met My Advertensiesentrum.

Hoekom gebruik Google my inligting vir advertensies?

Google gebruik jou inligting om vir jou advertensies te wys wat ons dink relevant is vir jou belangstellings gegrond op jou aktiwiteite, of om jou te help om iets nuuts te ontdek.

Byvoorbeeld, as jy tans navorsing doen oor nuwe motors is dit nuttiger om advertensies te sien wat aanbiedinge van plaaslike motorhandelaars uitstal as om generiese advertensies oor stoepmeubels of hondekos te sien.

Jy is altyd in beheer van jou data met gebruiksvriendelike privaatheidnutsgoed, en dit is altyd jou keuse om inligting met Google te deel en te besluit hoe dit vir advertensies gebruik word.

Lees Google my e-posse of luister hulle na my foonoproepe om vir my advertensies te wys?

Nee. Jou e-posse en jou gesprekke is persoonlik en privaat. Ons wys nooit vir jou advertensies gegrond op wat jy in jou e-posse skryf, oor die foon sê, of in dienste soos Google Drive berg nie.

Verkoop Google my inligting aan adverteerders?

Nee.

Ons verkoop nooit jou persoonlike inligting aan enigiemand nie.

Kan ek gepersonaliseerde advertensies heeltemal afskakel?

Ja. Jy kan na My Advertensiesentrum gaan om jou voorkeure op te dateer of advertensiepersonalisering af te skakel.

As jy kies om nie gepersonaliseerde advertensies te sien nie, sal jy nog steeds advertensies sien, maar hulle sal minder relevant wees.

Verken nog maniere waarop ons
jou aanlyn veilig hou.