Ons privaatheid- en sekuriteit-
beginsels.
Ons bou privaatheid wat vir almal werk. Om ons gebruikers se privaatheid en sekuriteit te beskerm, is 'n verantwoordelikheid wat kom saam met die skep van gratis produkte en dienste wat vir almal toeganklik is. Dit is veral belangrik namate tegnologie vooruitgaan en veiligheidsbehoeftes ontwikkel. Ons maak op hierdie beginsels staat om ons produkte, ons prosesse en ons mense te rig om ons gebruikers se data privaat en veilig te hou.
Respekteer ons gebruikers.
Respekteer hul privaatheid.
Ons glo dat hierdie idees onskeibaar is. Saam verteenwoordig hulle 'n enkele kernoortuiging wat alles wat ons sedert die eerste dag gemaak het, beïnvloed het, asook alles wat ons nog sal maak. Wanneer mense ons produkte gebruik, vertrou hulle ons met hul inligting en dit is ons plig om hulle reg te behandel. Dit beteken dat ons altyd goed sal besin oor watter data ons gebruik, hoe ons dit gebruik, en hoe ons dit beskerm.
Deursigtig wees oor watter
data ons insamel
en hoekom.
Om mense te help om ingeligte besluite te neem oor hoe hulle Google-produkte gebruik, maak ons dit vir hulle maklik om te verstaan watter data ons insamel, hoe ons dit gebruik en hoekom. Om deursigtig te wees, beteken dat hierdie inligting geredelik beskikbaar, verstaanbaar en uitvoerbaar moet wees.
Moet nooit ons gebruikers se
persoonlike inligting
aan enigiemand verkoop nie.
Ons gebruik data om Google-produkte soos Search en Maps so nuttig as moontlik te maak. Ons gebruik ook data om relevanter advertensies te wys. Hoewel hierdie advertensies help om ons dienste te finansier en vir almal gratis te maak, is dit belangrik om dit duidelik te stel dat ons gebruikers se persoonlike inligting eenvoudig nie te koop is nie.
Maak dit maklik vir
mense om hul privaatheid
te beheer.
Wanneer dit kom by privaatheid, besef ons dat ons nie almal oor dieselfde kam kan skeer nie. Elke Google-rekening is gebou met aan-/af-datakontroles sodat gebruikers die privaatheidinstellings kan kies wat reg is vir hulle. Namate tegnologie ontwikkel, ontwikkel ons privaatheidkontroles ook om te verseker dat privaatheid altyd 'n individuele keuse is wat by die gebruiker berus.
Bemagtig mense
om hul data na te gaan, te skuif,
of uit te vee.
Ons is van mening dat elke gebruiker toegang moet hê tot die persoonlike inligting wat hulle met ons gedeel het – enige tyd en om enige rede. Daarom hou ons aan om dit vir mense makliker te maak om toegang tot hul data te verkry en dit na te gaan, af te laai en na 'n ander diens te skuif as hulle wil, óf dit heeltemal uit te vee.
Bou die sterkste
sekuriteit-tegnologieë
by ons produkte in.
Om die privaatheid van ons gebruikers te respekteer, moet ons die data waarmee hulle ons vertrou, beskerm. Ons ontwikkel een van die mees gevorderde sekuriteitinfrastrukture in die wêreld en wend dit aan om elke Google-produk en -diens veilig vir ons gebruikers te hou. Dit beteken dat ons ons ingeboude sekuriteittegnologieë voortdurend moet versterk om ontwikkelende aanlyn gevare te bespeur en ons gebruikers daarteen te beskerm sodat dit hulle nooit bereik nie.
Stel 'n voorbeeld
om aanlyn sekuriteit
vir almal te bevorder.
Om gebruikers aanlyn veilig te hou, kan nie by Google eindig nie – dit strek oor die hele internet. Google was die eerste maatskappy om baie van die veiligheidstandaarde wat ons almal vandag gebruik, te skep en ons hou aan om nuwe sekuriteittegnologieë wat almal kan gebruik, te ontwikkel. Ons deel ons sekuriteitkennis, -ervaring en nutsgoed met vennote, organisasies en mededingers reg oor die wêreld omdat internetwye sekuriteit vereis dat almal in die bedryf saamwerk.
om almal aanlyn veilig te hou.
-
In ons produkteVind uit hoe jou veiligheid in al Google se produkte beskerm word.
-
Sekuriteit en privaatheidVind uit hoe Google jou private inligting beskerm en jou in beheer plaas.
-
GesinsveiligheidVind uit hoe Google jou help om te bestuur wat aanlyn reg is vir jou gesin.
-
LeierskapVerken hoe Google veiligheidstegnologieë innoveer en met die bedryf saamwerk.