Aanspreek van inhoudverantwoordelikheid in Dublin.

GSEC Dublin, geleë in ons Europese hoofkantoor, is 'n streeksentrum waar Google-kundiges daaraan werk om die verspreiding van onwettige en skadelike inhoud te bekamp. Dis ook die plek waar ons hierdie werk met beleidmakers, navorsers en reguleerders kan deel.

Meer inligting oor ons inisiatiewe vir inhoudverantwoordelikheid.

Dublin is 'n sentrum vir ons Vertroue en Veiligheid-spanne – wat beleidkenners, spesialiste en ontleders insluit – wat daaraan werk om mense aanlyn veilig te hou met die jongste tegnologie en kunsmatige intelligensie. Hierdie inisiatiewe verskaf bykomende insig oor wat hulle doen.

Hoe YouTube werk

'n Kykie na ons beleide, produkte en handelinge

Miljoene mense besoek YouTube daagliks om ingelig, geïnspireer of vermaak te word. Mettertyd het vrae ontstaan oor hoe YouTube werk en ons het dus hierdie werf geskep om meer antwoorde te verskaf – en te verduidelik wat ons doen om 'n verantwoordelike platform te kweek waarop die gebruikers, skeppers en kunstenaars wat ons gemeenskap vorm, kan staatmaak.

Kinderveiligheidnutsmiddels

Bekamp aanlyn kindermishandeling en -uitbuiting

Google is daartoe verbind om materiaal wat aanlyn seksuele misbruik van kinders (CSAM) bevat, te bekamp en te verhoed dat ons platforms gebruik word om hierdie soort inhoud te versprei. Ons belê baie daarin om aanlyn uitbuiting van kinders te bekamp en gebruik ons eie tegnologie om oortredings op ons platforms te verhinder, op te spoor en te verwyder. Ons gebruik ook ons tegniese kundigheid om nutsmiddels te ontwikkel en te deel om ander organisasies te help om CSAM van hul platforms af te verwyder.

Die Deursigtigheidverslag

Deling van data oor toegang tot inligting

Google het sedert 2010 gereeld die Deursigtigheidverslag gedeel om lig te werp op hoe beleide en optrede van regerings en korporasies privaatheid, sekuriteit en toegang tot inligting raak. Ons Deursigtigheidverslag se werf sluit onder meer data in oor versoeke van regerings om inhoud te verwyder, denotering van inhoud onderworpe aan kopiereg, afdwinging van YouTube-gemeenskapsriglyne en politieke reklame op Google.

Ontmoet die mense agter GSEC Dublin.

Die Google Veiligheidsontwerpsentrum-span bestaan uit honderde ontleders, ingenieurs, beleidkenners, navorsers en ander kenners wat almal daaraan werk om 'n beter, veiliger internet te bou.

Amanda Storey

“GSEC Dublin sal dit vir reguleerders, beleidmakers en navorsers makliker maak om te verstaan hoe ons inhoudveiligheid in die praktyk hanteer.”

Amanda Storey

DIRECTOR OF TRUST & SAFETY
Helen O’Shea

“Ons missie is om die mense wat ons produkte gebruik te beskerm, om hul vertroue en dié van ons vennote en die gemeenskappe waar ons werk te wen, en om Google te help om misbruik en kwaadwillige mense een voor te bly.”

Helen O’Shea

HEAD OF CONTENT RISK & COMPLIANCE
Mary Phelan

“Ons raamwerk vir sistematiese prosesse stel ons in staat om mense te help om gesaghebbende inligting uit kundige bronne te kry, terwyl ons ons gebruikers ook beskerm teen inhoud wat duidelik gevaarlik en skadelik is.”

Mary Phelan

DIRECTOR OF TRUST & SAFETY
Claire Lilley foto

"Ons spanne het elke dag te kampe met die vraag oor hoe om toegang tot inligting op ons platforms te fasiliteer terwyl ons terselfdertyd daardie platforms en die mense wat dit gebruik teen misbruik en skade beskerm … aanlyn skade sowel as potensiële vanlyn skade."

Claire Lilley

CHILD ABUSE ENFORCEMENT MANAGER
Brian Crowley-foto

"Reguleerders sal deur GSEC toegang tot meer inhoud kan verkry oor hoe ons inhoudkontroleringstelsels en ander -tegnologie in praktyk werk – op 'n veilige plek waar die vertroulikheid van gebruikerinligting beveilig word."

Brian Crowley

DIRECTOR OF GLOBAL ADS AND CONTENT INVESTIGATIONS
Nuria Gómez Cadahía foto

"Wanneer dit by die inhoud op ons platforms kom, het ons 'n verantwoordelikheid om die mense en besighede wat ons produkte gebruik, te beveilig – en dit te doen deur duidelike, deursigtige beleide en prosesse."

Nuria Gómez Cadahía

TECHNICAL PROGRAM MANAGER
Ollie Irwin foto

"Dublin is 'n sentrum vir ons Vertroue en Veiligheid-spanne in die streek en bestaan uit verskeie beleidkenners, spesialiste en ingenieurs wat daaraan werk om mense aanlyn veilig te hou deur die jongste tegnologie en kunsmatige intelligensie."

Ollie Irwin

STRATEGIC RISK MANAGER
Kubersekuriteitverbeteringe

Vind uit hoe ons meer mense aanlyn veilig hou as enigiemand anders ter wêreld.