Ons hou jou persoonlike
inligting privaat, veilig en beveilig.

By Google respekteer en beskerm ons jou privaatheid met die voorste sekuriteitinfrastruktuur in die bedryf, verantwoordelike datapraktyke en privaatheidsnutsgoed wat maklik is om te gebruik en jou in beheer plaas.

Die beskerming van jou privaatheid
begin met die wêreld se
mees gevorderde sekuriteit.

Jou privaatheid word oral op Google beskerm met ingeboude sekuriteit wat ontwerp is om bedreigings outomaties te stop voordat hulle jou bereik.

Kom meer te wete

Gevorderde enkripsie hou jou data veilig terwyl dit oorgedra word

Enkripsie plaas ons dienste op 'n hoër vlak van sekuriteit en privaatheid. Wanneer jy 'n e-pos stuur, 'n video deel, 'n webwerf besoek of jou foto's berg, beweeg die data wat jy skep tussen jou toestel, Google-dienste en ons datasentrums. Ons beskerm hierdie data met veelvuldige sekuriteitslae, insluitend die voorste enkripsietegnologie, soos HTTPS en oordraglaagsekuriteit (TLS).

Proaktiewe sekuriteitwaarskuwings help om jou private inligting te beskerm

Ons sal jou proaktief in kennis stel as ons iets bespeur wat ons dink jy behoort te weet – soos 'n verdagte aanmelding of 'n kwaadwillige webwerf, lêer of program – en ons sal leiding verskaf om jou te help om beter beskerm te bly. Wanneer ons iets verdag in jou rekening bespeur, sal ons 'n kennisgewing na jou inkassie of foon toe stuur sodat jy jou rekening met een klik kan beskerm.

Bedreigings word outomaties bespeur en geblokkeer

Veiligblaai beskerm elke dag 5 miljard toestelle, onder meer joune. Om die internet vir almal veiliger te maak, het ons hierdie tegnologie kosteloos aan ander maatskappye beskikbaar gestel om in hul blaaiers te gebruik, insluitend Apple se Safari en Mozilla se Firefox. Jy word dus beskerm terwyl jy op Google en verder blaai.

Privaatheidsnutsgoed wat maklik is om te gebruik
en wat jou in beheer plaas.

Beheer watter data in jou Google-rekening gestoor word

Met privaatheid kan almal nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Dis hoekom ons jou help om die privaatheidinstellings te kies wat reg is vir jou. Ons gee vir jou die nutsgoed om te doen wat jy wil – of jy nou jou data wil stoor, wil uitvee of outomaties wil uitvee.

Jou privaatheid word beskerm met
verantwoordelike datapraktyke.

Data speel 'n belangrike rol daarin om die produkte en dienste wat jy elke dag gebruik nuttiger te maak. Ons is daartoe verbind om daardie data verantwoordelik te hanteer en om jou privaatheid met streng protokolle en innoverende privaatheidtegnologie te beskerm.

Verken meer maniere waarop ons
jou aanlyn veilig hou.