Ons bou privaatheid wat vir almal werk.

Data maak Google-dienste nuttiger en relevanter, maar hoe ons dié inligting gebruik is 'n individuele keuse en berus by elke gebruiker. Ons hou jou op hoogte met watter data ons insamel, hoe ons dit gebruik en hoekom. En ons bou kragtige datakontroles by jou Google-rekening in sodat jy die privaatheidinstellings kan kies wat reg is vir jou.

Datadeursigtigheid

Maak dit maklik om te verstaan watter data ons gebruik en hoekom

Wanneer jy Google-dienste gebruik, vertrou jy ons met jou data. Dit is ons verantwoordelikheid om deursigtig te wees oor die data wat ons insamel en hoe ons dit gebruik om ons dienste beter vir jou te laat werk.

Kom meer te wete

Privaatheidkontroles

Jy is in beheer

Ons weet dat ons nie almal oor dieselfde kam kan skeer wanneer dit by privaatheid kom nie, en daarom bou ons kragtige privaatheidnutsgoed, wat maklik is om te gebruik, by jou Google-rekening in. Hulle gee jou beheer oor die privaatheidinstellings wat reg is vir jou, en oor die soort data wat ons insamel en in al ons dienste gebruik.

Kom meer te wete

Advertensies en data

Ons verkoop nie jou persoonlike inligting aan enigiemand nie

Ons gebruik data om vir jou relevante advertensies in Google-produkte, op vennootwebwerwe en in mobiele programme te lewer. Terwyl hierdie advertensies help om ons dienste te finansier en vir almal gratis te maak, is jou persoonlike inligting nie te koop nie. Ons bied ook vir jou kragtige advertensie-instellings sodat jy beter kan beheer watter advertensies jy sien.

Kom meer te wete

Kom meer te wete oor ons veiligheidswerk

Jou veiligheid

Ons beskerm jou aanlyn met sekuriteit wat die toon aangee in die bedryf.

Jou privaatheid

Ons bou privaatheid wat vir almal werk.

Vir gesinne

Ons help jou om te bestuur wat aanlyn reg is vir jou gesin.