E-pos wat
jou private inligting veilig hou.

Gmail werk hard daaraan om jou teen strooipos, uitvissing en wanware te beskerm voordat dit jou inkassie bereik. Ons AI-verbeterde strooiposfiltreringvermoëns blokkeer elke minuut amper 10 miljoen strooipos-e-posse.

Uitvissingbeskerming

Uitvissingbeskerming

Baie wanware- en uitvissingaanvalle begin met 'n e-pos. Gmail blokkeer meer as 99,9% van strooipos, uitvissingposings en wanware sodat dit jou nie bereik nie.

Veiligblaai

Veiligblaai

Veiligblaai beskerm jou deur gevaarlike skakels in e-posboodskappe te identifiseer en jou te waarsku voordat jy die werf besoek.

Proaktiewe waarskuwings

Proaktiewe waarskuwings

Gmail waarsku jou voordat jy 'n aanhegsel aflaai wat jou sekuriteit kan bedreig.

Rekeningveiligheid

Rekeningveiligheid

Ons beskerm jou rekening teen verdagte aanmeldings en ongemagtigde aktiwiteit deur veelvuldige sekuriteitseine te monitor. Ons bied ook die Gevorderde Beskerming-program vir rekeninge wat die meeste deur geteikende aanvalle bedreig word.

Vertroulikmodus

Vertroulikmodus

Jy kan jou boodskappe ná 'n bepaalde tydperk laat verval en die opsie verwyder vir ontvangers om jou boodskap van Gmail af aan te stuur, te kopieer, af te laai of te druk.

E-posenkripsie

E-posenkripsie

Boodskappe word in Google-infrastruktuur geënkripteer wanneer hulle stil is en terwyl hulle tussen datasentrums oorgedra word. Boodskappe wat na derdepartyverskaffers toe oorgedra word, word waar moontlik of waar die opstelling dit vereis met oordraglaagsekuriteit (Transport Layer Security) geënkripteer.

Kom meer te wete oor Gmail.
Vind uit hoe veiligheid ingebou is in
elke produk wat ons maak.