Sekuriteit waaroor jy
nooit hoef te dink nie.

Benut jou blaai-ervaring ten beste terwyl Chrome se sekuriteitkenmerke jou teen wanware en gevaarlike werwe beskerm.

Ingeboude sekuriteit

By verstek veilig

By verstek veilig

Chrome is by verstek veilig en beskerm jou teen gevaarlike en misleidende werwe wat dalk jou wagwoorde sal steel of jou rekenaar sal besmet. Gevorderde tegnologie, soos werfisolasie, sandputte en voorspellende uitvissingbeskerming, hou jou en jou data veilig.

Sterk en unieke wagwoorde terwyl jy deur die web blaai

Sterk en unieke wagwoorde terwyl jy deur die web blaai

Vergeet van swak en hergebruikte wagwoorde wat jou data aan veelvuldige werwe kan blootstel. Chrome kan sterk en unieke wagwoorde skep en hulle outomaties vir jou invul terwyl jy op jou skootrekenaar of selfoon deur die web blaai. Chrome kan jou waarsku as jou eiebewyse gekompromitteer is.

Altyd op datum

Chrome word elke ses weke outomaties opgedateer sodat jy altyd die jongste sekuriteitkenmerke en -oplossings kry. En vir belangrike sekuriteitfoute sal ons binne 24 uur 'n regstelling vrystel – en jy hoef niks te doen nie.

Privaatheidkontroles

Incognitomodus

Incognitomodus

Incognito gee jou gemoedsrus wanneer jy jou toestel met vriende en familielede deel. Blaai in Incognito en jou blaaigeskiedenis in jou Incognito-vensters word in Chrome uitgevee sodra jy hulle toemaak.

Veiligheidskontrole

Chrome se veiligheidskontrole kan die algehele sekuriteit en privaatheid van jou blaai-ervaring bevestig. Dit sê vir jou as enige wagwoorde wat in Chrome gestoor is, gekompromitteer is, vlag gevaarlike uitbreidings en help jou om seker te maak dat jou sekuriteitbeskerming bygewerk is.

Privaatheidkontroles

Van 'n gepersonaliseerde stroom tot gerieflike wagwoordbestuur tot relevante soekresultate kan jou Chrome-ervaring by jou aangepas word. Pasmaak jou ervaring met sinkronisering en Chrome se privaatheidkontroles, insluitend die beheer van webwerftoestemmings, soos toegang tot jou ligging of kamera.

Chrome Winkel
Kom meer te wete
oor Chrome.
Vind uit hoe veiligheid ingebou is in
elke produk wat ons maak.