Privaatheidnutsgoed wat
jou in beheer plaas.
Met privaatheid kan almal nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Dis hoekom ons kontroles bou wat maklik is om te gebruik sodat jy die privaatheidinstellings kan kies wat reg is vir jou.
Google-rekening
Privaatheidinstellings wat maklik is om te gebruik, alles op een plek
Jy kan sleutelinligting, privaatheid en sekuriteitinstellings alles in jou Google-rekening kry. Ons het nutsgoed geskep wat maklik is om te gebruik, soos die kontroleskerm en My Aktiwiteit, wat vir jou deursigtigheid gee oor data wat uit jou aktiwiteit oral in Google-dienste ingesamel word. Daar is ook kragtige privaatheidkontroles, soos aktiwiteitkontroles en My Advertensiesentrum, waarmee jy die insameling en gebruik van data aan of af kan skakel om te besluit hoe alles van Google beter vir jou kan werk.
Gaan vinnig na jou sleutelprivaatheidinstellings
Jou Google-rekening is altyd maklik om te kry in ons gewildste dienste, soos Search, Maps, YouTube, Gmail en Assistent. Tik bloot op jou profielfoto en volg die skakel na jou rekening.
in jou Google-rekening
Aktiwiteitkontroles
Beheer watter data gestoor word
Met Aktiwiteitkontroles kan jy besluit watter soorte aktiwiteit met jou rekening verbind word om jou ervaring oral in Google-dienste te personaliseer. Jy kan die stoor van spesifieke soorte data in jou rekening onderbreek – soos jou soek- en blaai-aktiwiteit, YouTube-geskiedenis en Ligginggeskiedenis.
Gaan na AktiwiteitkontrolesVee outomaties uit
Stel jou data om outomaties uitgevee te word
Om jou selfs groter beheer te gee, laat Vee Outomaties Uit-instellings jou 'n tydlimiet kies vir hoe lank jy jou aktiwiteitdata wil hou. Data wat ouer is as die limiet wat jy kies, sal deurlopend en outomaties in jou rekening uitgevee word. Dit maak dit vir jou maklik om dit te stel en te vergeet, maar jy kan altyd teruggaan en hierdie instellings enige tyd opdateer.
Vee jou aktiwiteit outomaties uitMy aktiwiteit
Vee enige tyd data in jou rekening uit
My aktiwiteit is die sentrale plek waar jy alles kan kry wat jy met ons dienste gesoek het, bekyk het en gekyk het. Ons gee vir jou nutsgoed om volgens onderwerp, datum en produk te soek om dit makliker te maak om jou vorige aanlyn aktiwiteit na te gaan. Jy kan spesifieke aktiwiteite of selfs hele onderwerpe wat jy nie met jou rekening geassosieer wil hê nie, permanent uitvee.
Gaan na My aktiwiteitwat reg is vir jou.
Privaatheidskontrole
Doen die Privaatheidskontrole
Binne net 'n paar minute kan jy kies watter soorte data in jou Google-rekening gestoor word, opdateer wat jy met vriende deel of publiek maak, en die soorte advertensies verstel wat jy wil hê ons vir jou moet wys. Jy kan hierdie instellings so gereeld as wat jy wil verander en selfs kies dat onthounotas gereeld gestuur word.
net daar vanaf die programme
wat jy elke dag gebruik.
Incognitomodus
Skakel Incognitomodus aan in Chrome, Search, YouTube en Maps
Incognitomodus, wat aanvanklik in Chrome bekendgestel is, is intussen in ons gewildste programme beskikbaar gestel. Tik in YouTube, Search op iOS en Maps bloot op jou profielfoto om dit maklik aan of af te skakel. Wanneer jy Incognitomodus in Maps en YouTube aanskakel, sal jou aktiwiteit, soos die plekke waarna jy soek of die video's wat jy kyk, nie in jou Google-rekening gestoor word nie. Blaaigeskiedenis en webkoekies van jou Incognito-sessie word in Chrome uitgevee sodra jy alle Incognito-vensters toemaak.
Jou data in
Beheer jou data net daar van jou programme af
Ons het dit vir jou makliker gemaak om net daar binne die Google-dienste wat jy elke dag gebruik besluite oor jou data te neem. Byvoorbeeld, jy kan jou onlangse soekaktiwiteit nagaan en uitvee sonder om Search ooit te verlaat, vinnig deur jou Google-rekening toegang tot tersaaklike privaatheidkontroles kry, en meer te wete kom oor hoe Search met jou data werk. Jy kan in Search, Maps en Google Assistent toegang tot hierdie kontroles kry.
jou aanlyn veilig hou.
-
Ingeboude sekuriteitKry meer inligting oor ons outomatiese sekuriteitbeskermings.
-
DatapraktykeKry meer inligting oor hoe ons jou privaatheid respekteer met verantwoordelike datapraktyke.
-
VeiligheidswenkeOntdek kitswenke en beste praktyke om aanlyn veilig te bly.
-
Advertensies en dataKry meer inligting oor die advertensies wat jy op ons platforms sien.