Ons help jou om
digitale grondreëls vas te stel met Family Link.
Family Link help jou om jou kinders se rekeninge en toestelle te bestuur wanneer hulle aanlyn is. Jy kan programme bestuur, 'n ogie hou op skermtyd, en help om digitale grondreëls vir jou gesin vas te stel.
-
Programaktiwiteitverslae
Nie alle skermtyd is dieselfde nie. Dit kan afhang van of jou kind hul toestel gebruik om 'n boek te lees, video's te kyk, of speletjies te speel. Jy kan Family Link se programaktiwiteitverslae gebruik om te sien watter programme jou kind die meeste gebruik, en besluite maak oor waartoe hulle toegang het.
-
Beperk daaglikse toegang
Jy bepaal wat die regte hoeveelheid skermtyd vir jou kind is. Met Family Link kan jy daaglikse skermtydlimiete stel, 'n toestelslaaptyd stel, en jou kind se Android- of Chrome OS-toestel oor 'n afstand sluit.
-
Bestuur inhoud en aankope
Keur programaflaaie vanuit die Google Play Winkel en inprogramaankope wat jou kind wil doen, goed of af.
Bestuur rekeninginstellings
Bestuur en beveilig jou kind se rekening
Gaan deur Family Link-instellings by jou kind se aktiwiteitkontroles in. As ouer kan jy help om jou kind se wagwoord te verander of terug te stel as hulle dit vergeet. Jy kan ook jou kind se persoonlike inligting wysig of selfs hul rekening uitvee as jy dink dit is nodig. Hulle kan nie sonder jou toestemming 'n ander profiel by hul rekening of toestel voeg nie. Ten slotte kan jy gaan kyk wat die ligging van hul Android-toestel is (so lank dit aan is, aan die internet gekoppel is en onlangs aktief was).
Raadpleeg ons Gesinsgids vir hulp om jou gesin se digitale grondreëls te bedink. Met wenke om gesprekke oor tegnologie met jou kinders te begin, kan jy en jou gesin die digitale wêreld met groter vertroue betree.
-
Laat jou kind deur 'n beheerde rekening toegang tot Google Assistent kry
Kinders kan met hul eie rekening wat met Family Link bestuur word by Assistent-geaktiveerde toestelle aanmeld. Hulle kry hul eie gepersonaliseerde Assistent-ervaring en kan by speletjies, aktiwiteite en stories wat vir gesinne ontwerp is, ingaan. Kinders word geblokkeer om transaksies te doen, en ouers kan besluit of hul kinders toegang tot derdeparty-ervarings op die Assistent het.
-
Bestuur jou kind se toegang tot webwerwe met Chrome
Jy kan jou kind se toegang tot spesifieke webwerwe bestuur wanneer hulle die Chrome-blaaier op hul Android- of Chrome OS-toestel gebruik. Jy kan kies om jou kind te beperk tot net die webwerwe waarmee jy gemaklik is of om spesifieke werwe te blokkeer wat jy nie wil hê hulle moet besoek nie.
-
Filtreer eksplisiete resultate in Search
Jy kan Veiligsoek aanskakel vir 'n bykomende laag sekuriteit om die mees eksplisiete resultate, soos pornografie, uit te filtreer. Veiligsoek is by verstek aan vir aangemelde gebruikers jonger as 13 (of die toepaslike ouderdom in jou land) wie se rekeninge deur Family Link bestuur word. Ouers het ook die opsie om dit af te skakel of toegang tot Search heeltemal te blokkeer.