Die veiliger manier om aan te meld by al jou aanlyn rekeninge.
Oor al jou aanlyn rekeninge is aanmelding die voordeur na jou persoonlike inligting. Dit is ook die primêre toegangspunt vir risiko's, en daarom belangrik dat dit beskerm word.
By Google versterk ons vanself al jou aanmelding programme en dienste. Met ingeboude hulpbronne en outomatiese beskerming, soos waarskuwings wanneer 'n nuwe toestel toegang tot jou Google-rekening kry, maak ons dit vinnig en eenvoudig om veilig aan te meld.
-
Sterk wagwoorde help om jou veilig te hou
Die keuse van sterk, unieke wagwoorde is 'n belangrike stap om jou persoonlike inligting privaat te hou. Die meeste mense sê egter hulle gebruik dieselfde swak wagwoord vir veelvuldige werwe en verhoog sodoende die kwesbaarheid van daardie rekeninge.
-
Google se Wagwoordbestuurder help jou om sterk wagwoorde te skep
Bestuur jou gestoorde wagwoordeGoogle-wagwoordbestuurder, wat by Chrome- en Android ingebou is, skep, beveilig en vul wagwoorde in vir al jou aanlyn rekeninge.
-
Outomatiese wagwoordwaarskuwings help om jou wagwoorde veilig te hou
Nuwe dataskendings stel daagliks miljoene gebruikername en -wagwoorde publiek bloot. Google monitor vir gekompromitteerde wagwoorde. As ons dus vind dat enige van jou gestoorde wagwoorde in 'n dataskending betrokke is, sal ons jou outomaties in kennis stel.
-
Dateer jou wagwoorde op met Google Assistent
BINNEKORT BESKIKBAARSpoed is belangrik wanneer dit kom by regstelling van gekompromitteerde wagwoorde. Chrome ontplooi tans 'n kitsregstellingkenmerk: Dit kan jou gekompromitteerde wagwoorde vir jou merk en met een tik kan hulle dit verander met Google Assistent se hulp.
-
2-stap-verifikasie verskaf 'n tweede laag aanmeldingsekuriteit
Skakel 2-stap-verifikasie aanGekompromitteerde wagwoorde is meer algemeen as wat jy dalk dink. Een van die beste maniere om jou rekening te beskerm, is om 'n ekstra verifikasiemetode gereed te hê. 2-stap-verifikasie help dat nie enigiemand toegang tot jou rekening het nie, en hulle uit te hou deur vir 'n sekondêre stap te vra nadat jy jou wagwoord ingetik het.
-
Foon gebaseerede stawing is eenvoudig en veilig
As jy 'n tasbare stawingmetode gebruik wanneer jy by ons aanlyn rekeninge aanmeld, soos op jou foon, is dit bewys om baie veiliger te wees as 'n wagwoord wat maklik gekompromitteer kan word. Dit is waarom niemand tans meer as ons doen om alternatiewe stawingmetodes te bevorder nie. Met n eenvoudige tik sal Google se aanspoor boodskappe jou rekening staaf.
-
Maak rekeningsekuriteit meer probleemloos as ooit vantevore
Ons bou ook gevorderde sekuriteittegnologieë by ons toestelle in – soos sekuriteitsleutels op Android en die Google Smart Lock-program op iOS – om stawing probleemvry en selfs veiliger as 'n wagwoord te maak. Ons sal binnekort begin om gebruikers outomaties by 2-stap-verifikasie in te skryf as hulle 'n terugstellingfoonnommer of -e-posadres in hul rekening het. Kontroleer jou rekening met Sekuriteitkontrole.
-
Die veiliger manier om by jou gunstelingprogramme en -dienste aan te meld
Wanneer jy by jou aanlyn rekeninge aanmeld, behoort jy nie sekuriteit vir gerief hoef in te boet nie. Jy kan jou Google-rekening gebruik om veiliger en makliker by duisende werwe en dienste oral op die web aan te meld, terwyl deursigtige privaatheidsopsies op een plek behou word.
-
Meld veilig aan op enige plek met net een tik
Ons kombineer Google se voorste sekuriteit in die bedryf met uiterste gerief om jou te help om jou persoonlike inligting in ander rekeninge te beskerm. Aanmeld met Google gee jou unieke stawing vir elke toestel. Al is daar dus 'n dataskending op enige van die werwe of dienste wat jy gebruik, sal jou persoonlike inligting op alle ander rekeninge teen kuberkrakers beveilig bly.
-
Meer beheer oor jou rekeninge en verbindings
Skakel Aanmeld met Google aanJy kan net daar in jou Google-rekening kyk en bestuur hoe jy Aanmeld met Google gebruik. Dit maak dit vir jou moontlik om toegang tot enige gekoppelde rekening — almal op een plek – te bestuur of te herroep, wat jou volkome in beheer hou.
Beskerm jou Google-rekening deur die Sekuriteitkontrole uit te voer. Hierdie stap-by-stap instrukies in die hulpbronne gee vir jou gepersonaliseerde en uitvoerbare aanbevelings om die sekuriteit van jou Google-rekening te help versterk.
jou aanlyn veilig hou.
-
PrivaatheidskontrolesKies die privaatheidinstellings wat reg is vir jou.
-
DatapraktykeKom meer te wete oor hoe ons jou privaatheid respekteer met verantwoordelike datapraktyke.
-
VeiligheidswenkeOntdek kitswenke en beste praktyke om aanlyn veilig te bly.
-
Advertensies en dataKom meer te wete oor die advertensies wat jy op ons platforms sien.