Bou gesinsvriendelike ervarings.
Ons bou spesiale kenmerke – soos slimfilters, werfblokkeerders en inhoudgraderings – by baie van ons produkte in sodat jou gesin hulle meer kan geniet.
inhoud om kinders te help
ontdek, skep en groei.*
-
Ontwerp met kinders se nuuskierigheid in gedagte
Of dit diere of kunsprojekte is – kinders word klein kenners oor hul gunstelingonderwerpe. Dit is hoekom Kids Space gehalte-inhoud vir jou kind aanbeveel op grond van belangstellings wat hulle kies. Kinders kan hul jongste fassinasies op nuwe en boeiende maniere verken met die aanbeveelde inhoud. Kinders kan selfs hul ervaring pasmaak deur hul eie karakter te skep.
-
Aanbeveelde programme, boeke en video's
Wanneer 'n kind Kids Space oopmaak, sal hulle 'n biblioteek met gehalte-inhoud sien. Kinders kan aanbevelings vir programme, speletjies, boeke en video's verken om nuwe maniere te ontdek om te speel en te leer.†
-
Stel grense met ouerkontroles
Met ouerkontroles in Family Link kan jy jou kind se ervaring lei deur inhoud te bestuur, skermtydlimiete te stel, en meer – alles van jou toestel af.
YouTube Kids
Ontdek 'n wêreld van leer en pret met YouTube Kids
Ons het YouTube Kids geskep om 'n veiliger omgewing vir kinders te bied waar hulle hul belangstellings deur aanlyn video's kan verken. Jy kan op al jou toestelle gesinsvriendelike video's oor verskillende onderwerpe kry, hetsy jy die YouTube Kids-program aflaai, ons op die web besoek, of YouTube Kids op jou slim-TV kyk.
Google Play
"Goedgekeur deur onderwysers"-inhoud vir jou kind op Google Play
Ons het kragte saamgespan met akademiese kenners en onderwysers reg oor die land om jou te help om inhoud te kry wat reg is vir jou kind. Blaai deur ons Kinders-oortjie op die Google Play Winkel om "Goedgekeur deur onderwysers"-programme te kry wat verrykend en vermaaklik is. Jy kan op die program se besonderhedebladsy sien hoekom onderwysers programme hoog gradeer en jy kan inhoudgraderings nagaan om te verstaan of 'n program ouderdomtoepaslik is. Jy kan ook sien of 'n program advertensies bevat, inprogramaankope toelaat of toesteltoestemmings vereis.
Ons vereis hoë standaarde van ontwikkelaars wat programme vir kinders bou deur ons ontwikkelaarbeleide vir die Play Winkel.
Google Assistent
Pret vir die hele gesin met die Google Assistent se hulp
Jou Assistent maak dit makliker om vermaak te vind wat die hele gesin saam kan geniet. Ontdek gesinsvriendelike speletjies en aktiwiteite wat deur ons Handelinge vir Gesinne-program geskep is, of hoor jou gunstelingverhale voordat jy gaan slaap deur bloot jou Assistent te vra om vir jou 'n storie te vertel. Luister na musiek wat die hele gesin kan geniet sodra jy Filters opgestel het, en gebruik Aftyd op jou toestel om af te skakel en jul tyd saam ten beste te benut.
Mensekontroleerders het elkeen van ons Handelinge vir Gesinne-aktiwiteite vir gesinsvriendelikheid nagegaan, maar geen stelsel is perfek nie. Onvanpaste inhoud kan deurglip en daarom werk ons deurlopend daaraan om ons veiligheidsmaatreëls te verbeter.
Google Workspace
Bou 'n veiliger leeromgewing vir klaskamers
Google Workspace for Education help onderwysers en leerders om veilig oor toestelle heen interaksie te hê. Sy kernfunksies bevat nie advertensies nie en ons gebruik nie enige persoonlike inligting van gebruikers in laer- en hoërskole (K-12-skole in die VSA) om advertensies te teiken nie. Ons verskaf nutsgoed om administrateurs te help om beleide ten opsigte van gepaste aktiwiteite op te stel en om leerders te help beskerm wanneer hulle hul Google-skoolrekeninge gebruik. Ons is verbind daartoe om die nutsgoed en hulpbronne wat skole nodig het, te verskaf om hulle te help om ingeligte besluite te neem wat betref Google Workspace for Education-dienste wat deur hul leerders gebruik word.
Chromebooks
Maak die klaskamer veiliger
Miljoene leerders gebruik Chromebooks – Google se skootrekenaars – in die klaskamer. Administrateurs kan groepinstellings bestuur om sodoende aan leerders so veel of so min funksies of toegang te gee as wat nodig is. Ons privaatheid- en sekuriteitkenmerke help om kinders se persoonlike inligting te beskerm en het gehelp om Chromebooks die topkeuse in die VSA se K-12-skole en baie skole in ander lande te maak.
* Google Kids Space vereis 'n Google-rekening vir jou kind. Ouerkontroles vereis die Family Link-program op 'n gesteunde Android-, Chromebook- of iOS-toestel.
† Boeke- en video-inhoud is nie in alle streke beskikbaar nie. Video-inhoud is onderworpe aan beskikbaarheid van die YouTube Kids-program. Boekinhoud vereis die Play Boeke-program. Beskikbaarheid van programme, boeke en video-inhoud kan sonder kennisgewing verander. Google Assistent is nie in Google Kids Space beskikbaar nie.