Inligting en inhoud
wat jy kan vertrou.
By Google streef ons daarna om die lewering van inligting te balanseer met die beskerming van gebruikers en die samelewing. Ons neem hierdie verantwoordelikheid ernstig op. Ons doel is om toegang tot betroubare inligting en inhoud te gee deur gebruikers teen skade te beskerm, betroubare inligting te lewer, en met deskundiges en organisasies saam te werk om ’n veiliger internet te skep.
Ons hou jou en die hele samelewing veilig met gevorderde beskerming wat nie net skadelike en onwettige inhoud verhinder nie, maar dit ook bespeur en daarop reageer.
Voorkom
Voorkom misbruik
Ons gebruik AI-gesteunde beskerming om mense veilig te hou teen beledigende inhoud. Gmail blokkeer elke minuut outomaties byna 10 miljoen strooipos-e-posse uit inkassies, en Search het nutsgoed om outovoltooi te verhinder om potensieel skadelike navrae voor te stel. Outomatiese bespeuring help YouTube om skadelike inhoud doeltreffend en op groot skaal te verwyder – in die tweede kwartaal van 2023 is 93% van beleidskendende video’s wat van YouTube af verwyder is aanvanklik outomaties bespeur. Ons implementeer ook veiligheidsmeganismes in ons generatiewe-AI-nutsgoed om die risiko te beperk dat hulle gebruik sal word om skadelike inhoud te skep.
Verder word al ons produkte beheer deur ’n stel beleide wat omskryf wat aanvaarbare en onaanvaarbare inhoud en optrede is. Ons beleide word deurlopend verskerp en opgedateer om aan ontluikende risiko’s aandag te gee. Wat ons werk in AI betref, maak ons ook op ons AI-beginsels staat om produkontwikkeling te rig en ons te help om elke AI-toepassing te toets en te evalueer voordat hulle bekendgestel word.
Bespeur
Bespeur skadelike inhoud
Namate die taktiek van kwaadwillige persone ontwikkel, moet ons selfs harder werk om skadelike inhoud te bespeur wat op ons produkte beland. AI help ons om die bespeuring van misbruik op ons platforms uit te brei. AI-aangedrewe klassifiseerders help om potensieel skadelike inhoud vinnig te vlag vir verwydering of eskalasie na ’n mens wat kontrolering uitvoer. In 2022 het geoutomatiseerde afdwinging ons gehelp om meer as 51,2 miljoen advertensies met haatspraak, geweld en skadelike gesondheidaansprake te bespeur en te blokkeer. Daarby beloof groot taalmodelle, ’n deurbraaktipe AI, om die tyd wat dit neem om skadelike materiaal te bespeur en te evalueer eksponensieel te verkort, veral vanaf nuwe en ontluikende risiko’s.
Ons werk ook met buiteorganisasies saam wat inhoud vlag wat hulle dink skadelik kan wees. Sowel Google as YouTube ontvang terugvoer vanaf honderde Prioriteitvlaggers, organisasies wêreldwyd met kundigheid van kultuur en tegniese inhoud wat inhoud vir kontrolering na ons eskaleer.
Reageer
Reageer toepaslik
Ons maak op sowel mense as AI-aangedrewe tegnologie staat om potensiële beleidskendings te evalueer en toepaslik te reageer op inhoud wat gevlag word. Wanneer ’n stuk inhoud ons beleide skenk, kan ons dit beperk, verwyder of demonetiseer, of op rekeningvlak optree om toekomstige misbruik te verminder.
In 2022 het Google Maps meer as 300 miljoen stukke vals inhoud, 115 miljoen beleidskendende resensies en 20 miljoen pogings om ’n vals Besigheidsprofiel te skep, geblokkeer of verwyder. In die tweede kwartaal van 2023 het YouTube meer as 14 miljoen kanale en 7 miljoen video’s weens die oortreding van ons gemeenskapsriglyne verwyder.
Om konteks en nuanse te beoordeel en terselfdertyd die gevaar van oorverwydering te verklein, maak ons op ongeveer 20 000 opgeleide nasieners staat om in ’n verskeidenheid van rolle te werk om in Google se verskillende produkte en dienste ons beleide toe te pas, inhoud te modereer, en gevlagde inhoud te evalueer.
As ’n skepper of publiseerder reken dat ons ’n verkeerde besluit geneem het, kan hulle teen ons besluite appelleer.
Ons moedig vertroue in die inligting en inhoud op ons platforms aan deur betroubare inligting en nutsgoed wat die beste in hul soort is te lewer wat jou in beheer van die evaluering van inhoud plaas.
Hoe ons inligting organiseer
Intelligente algoritmes
Ons algoritmes, wat deurlopend opgedateer word, vorm die kern van alles wat ons doen – van produkte soos Google Maps tot resultate op Search. Hierdie algoritmes gebruik gevorderde groot taalmodelle en tekens soos sleutelwoorde of die varsheid van webwerwe en inhoud sodat jy die mees relevante, nuttigste resultate kan kry. YouTube lig byvoorbeeld hoëgehalte-inhoud van gesaghebbende bronne prominent in hul soekresultate, aanbevelings en inligtingpanele uit om mense te help om tydige, akkurate en nuttige nuus en inligting te kry.
Ons het ’n aantal kenmerke geskep om jou te help om die inhoud te verstaan en te evalueer wat ons algoritmes en generatiewe-AI-nutsgoed uitgelig het, wat sorg dat jy meer konteks het vir wat jy aanlyn sien.
-
My Advertensiesentrum
My Advertensiesentrum maak dit maklik om jou advertensie-ervaring te bestuur sodat jy meer sien van die handelsmerke waarvan jy hou en minder van dié waarvan jy nie hou nie.
-
Feitekontrole in Search en Nuus
Google lig onafhanklike feitekontroles elke dag 6 miljoen keer uit. Met Google se gevorderde feitekontrolenutsgoed vir prente en resultate is jy beter toegerus om verkeerde inligting aanlyn op te merk.
-
Meer oor hierdie resultaat
“Meer oor hierdie resultaat” verskaf besonderhede oor ’n webwerf om jou te help om meer inligting daaroor te kry voordat jy dit besoek, insluitend die beskrywing daarvan, wanneer dit vir die eerste keer geïndekseer is, en wat ander oor die bron en onderwerp sê.
-
SynthID-watermerke
SynthID is ’n nutsding om AI-gegenereerde prente te identifiseer en van ’n watermerk te voorsien. Dit is ’n jong en belowende tegniese oplossing vir die dringende probleem van verkeerde inligting aanlyn.
-
Meer oor hierdie prent
“Meer oor hierdie prent” help jou om die geloofwaardigheid en konteks te bepaal van prente wat jy aanlyn sien deur inligting te verskaf soos wanneer Google ’n prent dalk vir die eerste keer gesien het en hoe ander bronne dit gebruik en beskryf.
YouTube is daartoe verbind om ’n verantwoordelike platform te ontwikkel waarop die kykers, skeppers en adverteerders wat ons gemeenskap vorm, kan staatmaak. Kry meer inligting oor ons benadering.
-
Verwyder
Ons verwyder inhoud wat ons beleide oortree – met gebruik van ’n kombinasie van mense en tegnologie.
-
Lig uit
Ons lig gesaghebbende bronne van nuus en inligting uit, en verskaf konteks vir kykers.
-
Verminder
Ons bestuur inhoud verantwoordelik deur die verspreiding van grensgevalinhoud en skadelike verkeerde inligting te verminder.
-
Beloning
En ons beloon vertroude skeppers deur die YouTube Vennootprogram (YVP) deur advertensie-inkomste en ’n verskeidenheid ander inkomstebronne te deel. Meer as $50 miljard is in die drie jaar tot Junie 2022 deur YVP aan skeppers, kunstenaars en mediamaatskappye uitbetaal.
Ons werk proaktief met deskundiges en organisasies saam, lig hulle in, en deel ons hulpbronne en tegnologie.
Deel kennis
Ruil kennis uit om jou veilig te hou
Ons werk met deskundiges van die burgerlike samelewing, akademiese wêreld en regerings saam om wêreldwye kwessies, soos verkeerde inligting, advertensieveiligheid, verkiesingintegriteit, AI in inhoudkontrolering en die bestryding van aanlyn kinderuitbuiting, aan te pak. Ons publiseer ook navorsingbevindinge en stel datastelle aan akademici beskikbaar om vordering op hierdie terrein aan te help.
By YouTube raadpleeg ons gereeld ons onafhanklike raadgewende komitee vir jeug en gesinne oor produk- en beleidopdaterings, insluitend ons Jeugbeginsels, asook ’n reeks produkopdaterings wat op die geestesgesondheid en welstand van tieners ingestel is.
Deel tekens
Werk met deskundiges saam om onwettige inhoud te bestry
Ons werk ook met vennote saam om duidelike tekens van beledigende inhoud te ontbloot en te deel om dit uit die groter stelsel te kan verwyder. Ons deel elke jaar miljoene CSAM-hutse met die VSA se Nasionale Sentrum vir Vermiste en Uitgebuite Kinders. Ons neem ook deel aan Project Lantern, ’n program wat dit vir tegnologiemaatskappye moontlik maak om tekens op ’n veilige en verantwoordelike manier te deel. Daarby was YouTube ’n medestigter van die Internasionale Internetforum teen Terrorisme (GIFCT), wat die tegnologiebedryf, regerings, die burgerlike samelewing en akademiese wêreld verenig om aanlyn terreur- en gewelddadige ekstrimistiese aktiwiteit teë te werk.
Deel hulpbronne
Ondersteun organisasies wat op veiligheid ingestel is
Ons ondersteun organisasies wêreldwyd wat op aanlyn veiligheid en mediageletterdheid ingestel is deur kragtige programme wat opleiding en materiale aanbied, soos Be Internet Awesome, YouTube se Hit Pause en die Google News Lab. Daarby het Google en YouTube ’n skenking van $13,2 miljoen aan die Internasionale Feitekontrolenetwerk (IFCN) aangekondig om hul netwerk van 135 feitekontroleorganisasies te ondersteun. Ons samewerkings het saam meer as 550 000 joernaliste met digitaleverifikasievaardighede toegerus, en ons het nog 2,6 miljoen aanlyn opgelei.
Ons deel nutsgoed wat ander organisasies help om hul platforms en gebruikers teen skadelike inhoud te beskerm.
-
Kinderveiligheidnutsstel
Ons gee vennote soos Adobe en Reddit toegang tot ons nutsgoed, Content Safety API en CSAI-passing, wat hulle help om materiaal wat die seksuele misbruik van kinders bevat (CSAM) vir kontrolering deur ’n mens te prioritiseer. Hierdie nutsgoed help ons vennote om elke maand meer as 4 miljard stukke inhoud te verwerk, wat dit vir hulle moontlik maak om seksuele kindermishandeling beter aanlyn te bestry.
-
Safebrowsing API
Ons Safebrowsing API maak dit vir kliënteapps moontlik om URL’e na te gaan volgens ons lyste onveilige webhulpbronne wat voortdurend opgedateer word. Hierdie nutsding beskerm elke dag 5 miljard toestelle deur gebruikers te waarsku teen werwe wat wanware en ongewenste sagteware huisves.
-
API’s vir inligtinggehalte
Ons API’s vir inligtinggehalte stel publiseerders en platforms in staat om afbrekende en skadelike inhoud te bestry. Perspective API verwerk 2 miljard opmerkings per dag – wat 850+ vennote help om daagliks afbrekende opmerkings te beperk. The New York Times, Reddit en The Wall Street Journal is van die organisasies wat Perspective API gebruik om beledigende opmerkings op hul werwe te bestuur.
-
Vision API
Ons Vision API help ontwikkelaars om skadelike inhoud te identifiseer en te verwyder deur dit vir hulle moontlik te maak om kenmerke soos prentetikettering, optiese karakterherkenning (OKH) en die merking van eksplisiete inhoud in hul toepassings te integreer. Vision API kon met beperkte opleidingdata 80% van prente suksesvol klassifiseer.
GSEC DUBLIN
Pak inhoudverantwoordelikheid aan in Dublin
Ons Google Veiligheidsontwerpsentrum vir inhoudverantwoordelikheid in Dublin is ’n streeksentrum vir Google-kundiges wat daaraan werk om die verspreiding van onwettige en skadelike inhoud vas te vat, en ’n plek waar ons hierdie werk met beleidbepalers, navorsers en reguleerders kan deel. Ons netwerk Google Veiligheidsontwerpsentrums gee ons spanne die ruimte, inspirasie en ondersteuning om die volgende generasie oplossings te ontwikkel om te help om aanlyn veiligheid te verbeter.
Die impak van ons werk om betroubare inligting en inhoud te verskaf, was nog nooit van groter belang nie. Om saam met die uitdagings van inhoudkontrolering te ontwikkel, sal ons aanhou om te investeer in die ontwikkeling en verbetering van beleide, produkte en prosesse wat vir jou gemoersrus gee en ’n veiliger aanlyn ervaring vir almal skep.
om almal aanlyn veilig te hou.
-
In ons produkteVind uit hoe jou veiligheid in al Google se produkte beskerm word.
-
Sekuriteit en privaatheidVind uit hoe Google jou private inligting beskerm en jou in beheer plaas.
-
GesinsveiligheidVind uit hoe Google jou help om te bestuur wat aanlyn reg is vir jou gesin.
-
KubersekuriteitVind uit hoe ons meer mense aanlyn veilig hou as enigiemand anders ter wêreld.